
Geskiedenis
Jagtersreg (JRM Goods & Services (Edms) Bpk) is in 2012 deur Kobus van den Berg gestig. Alhoewel hy in 2013 eers aktief geregistreer is. Soos met meeste besighede het JRM n baie nederige begin gehad , vanuit die korporatiewe omgewing na beide ouers werkloos en n meisiekind van 3 maande oud en huise en voertuie om te betaal. Min het ek daardie tyd geweet dat dit een van die beste goed kon wees wat met my kon gebeur het (daardie tyd was die druk hoog en stres vlakke was deur die dak).
Oktober 2014 sit beide ek en Elcaria (vroulief) sonder werk en Katryn is n volle 3 maande oud, Desember 2014 word my lisensie om handel te dryf goedgekeur en daar kom bietjie hoop in n donker tyd. Ek het in die wapen rigting gegaan en vroulief in die boekhou rigting en nou meer as 10 jaar later stoot ons nogsteeds voort maar die keer op n plek waar ander partye nie ons lewens kan regeer nie. Alles wat ons behaal het kon ons nie alleen reggekry het nie. Die oubaas het vir ons gesorg en slegs deur sy genade is die wa deur die drif getrek.
Gedryf deur ’n passie vir
jag, wapens en die natuur!
Bestaan
JRM het geweldig gegroei sedert sy bestaan en bewys ‘n uitsonderlike sukseskoers met nuwe aansoeke, hernuwings van vuurwapenaansoeke vir selfverdediging, jag en sportskiet (insluitend alle toegewyde aansoeke). Die hoofdoelwit is om wettige vuurwapeneienaars en voornemende eienaars te help om aan “Die Wet” te voldoen en vuurwapenaansoeke en -lisensies te vereenvoudig.
Met 25 jaar eerstehandse ondervinding in die hantering van wapens en ‘n toegewyde jagter, professionele jagter, sportskut en bosveld-entoesias, is kennis wat ek oor die jare opgedoen het, ‘n waardevolle bate aangesien die kennis en ervarings in motiverings vir my klante geinkorporeer word.
Ek verstaan die frustrasie en moeilikheid wat ‘n mens ervaar wanneer jy vandag in Suid-Afrika aansoek doen vir vuurwapens, aangesien ek dit self ervaar het. Ek weet presies wat van aansoekers verwag word en sorg dat die nodige inligting beskikbaar is in die motivering tot lisensie.
JRM is na ‘n lang proses ‘n lisensie uitgereik om in vuurwapens en ammunisie te handel, en sedertdien het die besigheid bykomende items bygevoeg, insluitend vervaardigers soos Ruger, Sako. Tikka, Marlin, Howa, Swarovski, Vortex, Arken, Zeiss en veule meer produkte.

